Seems you have not registered as a member of getfreeebooks.online!

You may have to register before you can download all our books and magazines, click the sign up button below to create a free account.

Sign up

Viskos
  • Language: af
  • Pages: 20

Viskos

Wat sal jy doen as 'n boelie jou goudvis in die skool se toilet afspoel? Dit is presies wat met Dennis gebeur. Gelukkig kry hy sy goudvis terug. Maar daar wag 'n GROOT skok op die hele skool toe Dennis se goudvis begin groei en groei en GROEI!

Volmaan (omnibus)
  • Language: af
  • Pages: 234

Volmaan (omnibus)

'n Onderwyseres wat op volmaannagte in 'n weerwolf verander. 'n Speelding wat allerhande vreemde dinge begin aanvang. 'n Eksperiment wat jou in 'n insek laat verander. 'n Vakansieplaas waar reuse-vlermuise snags buite rondvlieg. En 'n grillerige monsterfliek waaruit jy nie maklik ontsnap nie. Kry jou flits uit, kruip onder die komberse in en maak gereed om lekker te ril en te gril met hierdie GROOT en GRILLERIGE versameling stories. Vir die eerste keer verskyn vyf van Jaco Jacobs se gewildste grilstories saam in een boek. Dit sluit in:TroetelgedrogTandeNag van die monstersNagvlerkeVoelers

Skwiek
  • Language: af
  • Pages: 31

Skwiek

op 'n dag kry nathan 'n geheimsinnige boks voor hul woonstel se deur. en binne-in is 'n hamster. hy is oulik en wollerig en sy naam is skwiek. en hy is nie sommer 'n gewone hamster nie ... hy kan mense hipnotiseer! maar dan vind nathan uit skwiek is op 'n geheime sending ... en 'n gevaarlike skurk is warm op hul spoor!

Perfek (CAPS)
  • Language: af
  • Pages: 79

Perfek (CAPS)

Agterin die KABV-goedgekeurde skooluitgawe van hierdie gewilde boek verskyn opsommings, opwindende, uitdagende pre- en postlees-aktiwiteite en volledig uitgewerkte vrae en antwoorde wat aan die KABV-riglyne voldoen.

Meneer Monster
  • Language: af
  • Pages: 39

Meneer Monster

'n Gruwelike grilstorie (wat jou plek-plek sal laat skaterlag) uit die pen van die bekroonde skrywer Jaco Jacobs en swart-en-wit illustrasies deur Johann Strauss.

Wiskunde gee my maagpyn
  • Language: af
  • Pages: 19

Wiskunde gee my maagpyn

Mia haat wiskunde. Sy hou nie van optelsomme nie en sy hou nie van aftreksomme nie. Vermenigvuldigsomme gee haar hoofpyn en sy verstaan nie deelsomme nie.

Gevaarlike lopies (CAPS)
  • Language: af
  • Pages: 66

Gevaarlike lopies (CAPS)

Agterin die KABV-goedgekeurde skooluitgawe van hierdie gewilde boek verskyn opsommings, opwindende, uitdagende pre- en postlees-aktiwiteite en volledig uitgewerkte vrae en antwoorde wat aan die KABV-riglyne voldoen.

Vis en tjips (FET)
  • Language: af
  • Pages: 103

Vis en tjips (FET)

Watter soort ou breek by 'n akwarium in? En verf graffiti teen die muur? Of gooi bottels en ander gemors in die dolfyntenk? Zolani Memani, dis wie. Zolani is moeilikheid met 'n hoofletter "e;M"e;. As straf vir sy vandalisme moet hy gemeenskapsdiens by die akwarium doen. Crystal kan nie glo sy moet die hele Desembervakansie in sy gesig vaskyk nie. Sy wens hy beland pens en pootjies in die haaitenk. Maar dan ontmoet Zolani vir Ginger die dolfyn. En dit is liefde met die eerste oogopslag ...

My boetie dink hy is Batman
  • Language: af
  • Pages: 42

My boetie dink hy is Batman

Wat is erger as om jou ouma se toonnaels te knip? Is krokodille vir enige iets bang? En hoe lyk 'n gewone dag by 'n skool vir seerowers? Maak jou sitplekgordel vas vir nog 'n bundel propvol prettige, pittige en plesierige kinderverse uit die pen van Jaco Jacobs.

Voelers
  • Language: af
  • Pages: 46

Voelers

Marnus is mal oor goggas. Krieke, spinnekoppe, slakke - hoe grilleriger, hoe beter. Elke Vrydagmiddag werk hy en Denzil in Dok Brummer se laboratorium vir ekstra sakgeld. Maar een middag gebeur daar 'n ongeluk, en kort voor lank begin vreemde dinge met Marnus gebeur. Is hy regtig besig om in 'n gogga te verander ...?